Die Openbaring van Yahshua Christus - Hoofstuk 22

Deur William Finck

Alle vers vertalings geneem uit die Afrikaans 1933/1953 vertaling

“1 EN hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. 2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.”

Om die aard van hierdie boom te verstaan, is 'n lees van die eerste Psalm in orde, Psalm 1 " 1 WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; 2 maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. 3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 4 So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. 5 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. 6 Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.” Yahweh is die ware rivier, of bron, vir alle dinge wat rein en wettig is. Let op dat Sy troon en die van die Lam een is, want hulle is een. Christus sê vir die vrou by die put, in Johannes hoofstuk 4: “ 4 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.”Die twaalf vrugte staan weer vir die twaalf stamme van Israel.

“3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. 4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. 5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.”

Die slang is eerste vervloek, Kain is vervloek en Kanaän is vervloek. Vloeke is die gevolg van oortredings van die Wette van Yahweh, soos gesien kan word in die seëninge van gehoorsaamheid en vloeke van ongehoorsaamheid wat in Deuteronomium hoofstukke 27 en 28 gevind word. Hierdie vloeke is nie omdat ons God ons uit die hemel pynig nie, maar eerder 'n natuurlike gevolg van sonde – dit is 'n wet van oorsaak en gevolg na vore bring. Daar sal geen vloek meer wees nie, want daar sal geen oortreders meer wees nie, en almal wat 'n oortreding is - deur die feit van hulle skepping (elke plant wat Yahweh nie geplant het nie) sal verwyder word en in die Poel van Vuur gegooi word ( dit wil sê Matteus 13:41 en 15:13).

“6 EN hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur. 7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar”

Gou ( shortly) is 'n relatiewe term. Vir God is duisend jaar soos een dag, soos die apostel Petrus in 2 Petrus 3 verduidelik: “ 8 Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.”

Hierdie dinge wat in die Openbaring geskryf is, het inderdaad vinnig begin gebeur, maar sou ten minste 'n paar duisend jaar neem om heeltemal te ontvou.

“8 En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het; en toe ek dit gehoor en gesien het, het ek neergeval om te aanbid voor die voete van die engel wat my hierdie dinge getoon het. 9Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.”

Die openingsverse van die Openbaring openbaar dat hierdie Johannes inderdaad dieselfde apostel is wat die Evangelie van Johannes geskryf het. Dit het in hoofstuk 1 begin: “1 DIE openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.”

“10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby. 11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.”

Baie sogenaamde kerkmanne verwar dit met 'n stelling in die boek Daniël, by Daniël 12:4, waar Yahweh die profeet opdrag gee om "die woorde toe te hou en die boek te verseël tot die tyd van die einde". Dit is waarskynlik dat hulle dit doelbewus doen, want hierdie boek is ook vir hulle 'n raaisel. Die Openbaring is egter nie verseël nie, en sy profesieë het begin uitkom die oomblik toe dit geskryf was. Daar word gehoop dat hierdie interpretasie van die Openbaring duidelik gemaak is, dat met kennis van die geskiedenis en die Ou Testament, al die dinge wat in hierdie boek geskryf is, wel aan die lig gebring kan word. Die vuil en die onregverdiges, die regverdiges en die heilige, al hierdie dinge is bepaal van die grondlegging van die wêreld af.

“12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 13 Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste”

As ons 16 hoofstukke van die Openbaring vervul gesien het oor die afgelope tweeduisend jaar, het ons 'n versekering dat hierdie laaste hoofstukke inderdaad ook vervul sal word. Net 'n dwaas sal anders dink.Maar net 'n dwaas sal ook glo dat hy - 'n blote man - mag oordeel wanneer Yahshua moet terugkeer. In Matteus 24:36 word opgeteken dat Yahshua Christus gesê het: “ 36 MAAR van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.” Hierdie selfde ding word ook in verskeie gelykenisse uitgewys.

Ander dwaal deur te kyk na sekere historiese gebeure vir die “koms van die Seun van die mens”, maar die boek Handelinge sê uitdruklik, by Handelinge 1:11: “... Yahshua, wat van julle opgeneem is in die hemel, so sal Hy het gekom soos julle Hom na die hemel sien opgaan het.” 11 wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.”

“14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 15 Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.”

Die eerste Christene – die Israeliete van die Eksodus – is tydens daardie eerste Pasga deur die bloed van 'n lam van die doodsengel weerhou. Nou in hierdie tyd, moet Christene hulleself ook veilig hou van die toorn van God, deur die bloed van Die Lam Yahshua Christus, en 'n gehoorsaamheid aan Sy woorde. Aangesien al die vyande van Yahweh God reeds beskryf is -dat hulle vernietig is, kan die beskrywing van die sondaars buite die stad een van twee dinge beteken. Dit kan bloot aandui dat hierdie mense reeds uitgesluit is, of dit kan daarop dui dat onberouvolle Adamiete steeds buite die teenwoordigheid van God is. Tog lyk dit moeilik om te glo dat die finale oordeel, in die Gees van God, so 'n onberouvolle Adamiese persoon kan wees.

“16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.”

Weereens verkondig Yahshua dat Hy God is, die enigste manier waarop hy sowel die wortel as die nageslag van Dawid kon wees.

“17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”

Yahshua Christus is die enigste ware Water van die Lewe (Johannes 4), tog het Hy net gekom “vir die verlore skape van die huis van Israel”, hulle met wie Sy verbond gesluit is (Jeremia 31:31). Die omvang van die oorspronklike roeping het nooit verander nie.

“18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”

Dit is wys om versigtig te wees, die manuskripte te ondersoek en die beste moontlike teks van die boek te produseer voordat jy selfs probeer om sy uitsprake te verstaan.

“20 Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! 21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.”

Tot by die laaste vers is die guns van Yahweh by Sy geheiligdes – wat die betekenis van die woord heilige is. Net die kinders in die lendene van Isak is ooit op 'n altaar vir Yahweh geheilig op bevel van Yahweh self. Slegs hulle kan wettiglik Sy geheiligdes wees, en daarom "in Isak sal jou nageslag genoem word", Saksers, en die Europese geskiedenis wat in die Openbaring van Yahshua Christus geopenbaar word, is die einde van alle bewyse van ons Israelitiese erfenis.

Prys Yahweh!