Die Openbaring van Yahshua Christus - Hoofstuk 11
Deur William Finck
Alle vers vertalings geneem uit die Afrikaans 1933/1953 vertaling
“1 EN 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. 2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap.”
God woon nie in 'n huis wat met hande gebou is nie, maar Hy woon in ons, en daarom is die tempel van Yahweh 'n allegorie vir Sy volk in die wêreld. Die 42 maande is dieselfde as die 1260 dae wat in vers 3 hieronder volg. 42 keer 30 dae is gelyk aan 1260 dae, en ons sal dieselfde tydmetings weer sien – alhoewel nie noodwendig van dieselfde tydperke nie – in Openbaring Hoofstuk 13 waar Daniël Hoofstuk 7 ook bespreek sal word. Die woord heidene beteken nie noodwendig om vreemdelinge te beskryf nie. Dit is basies nasies of mense, maar ek het dit as heidene vertaal wanneer ek ook al gevoel het dat die woord gebruik is om 'n volk of nasie te beskryf in stryd met die wil van God of afgesien van daardie mense wat die wil van God wil volg. Hier sien ons 'n visioen van die kern van Sy volk Israel – die tempel van God waar Yahweh woon – wat van die dierkerk geskei sou word, terwyl die buitekant daardeur vertrap sou word. Dit beteken nie dat daar geen Israeliete in daardie nasies is wat Katoliek gebly het na die Hervorming nie, maar dit is eerder net 'n allegoriese prentjie sodat ons kan terugkyk na die geskiedenis van ons ras en verstaanwat dit is wat met ons gebeur het.

